September 24, 2021

‘Vergiftigde Vaal is die gevolg van ’n giftige regering’

‘Vergiftigde Vaal is die gevolg van ’n giftige regering’

‘Vergiftigde Vaal is die gevolg van ’n giftige regering’ Foto's: DA

Ondanks die feit dat die Demokratiese Alliansie (DA) strafregtelike klagte teen die Magareng-munisipaliteit ingedien het weens die voortdurende omgewingsbesoedeling van die Vaalrivierstelsel, is die rioolaanleg van Warrenton steeds nie operasioneel nie.

Dit is bevestig tydens ’n oorsigbesoek van die rioolaanleg deur ‘n DA-afvaardiging.

Willem Potgieter, DA-raadslid, sê wat dit eintlik beteken, is dat ’n aansienlike hoeveelheid riool steeds daagliks in die nie-funksionerende aanleg, wat ’n houvermoë van twee miljoen liter het, gestort word. Aangesien die afval nie verwerk word nie, beteken dit dat ‘n groot hoeveelhede riool die rivier binnedring wat die omgewingskrisis vererger.

“Dit is geen wonder dat adjunkpresident David Mabuza verlede Vrydag, tydens sy toer van gebroke water en rioolstelsels in die omgewing, nie Warrenton besoek het nie. Terwyl hy erken dat ANC -munisipaliteite wanfunksioneel is as gevolg van ‘n interne stillstand van dienslewering, sou ’n stop by die Warrenton-Rioolaanleg absoluut mislukking laat erken het – dat inwoners, besighede en boere wat afhanklik is van die Vaalrivier total en al deur die ANC-regering in die steek gelaat het.

“Daar is geen verskonings vir so ’n ernstige mislukking in dienslewering nie. Water gee lewe, en omdat hulle nie omgee vir ons waterbronne en rioolaanlegte nie, toon ANC -regerings reguit aan dat hulle nie omgee vir die mense van die Noord-Kaap nie.

“Die enigste manier om munisipaliteite aanspreeklik te hou, is om korrupte regerings uit die weg te ruim. Daar kan sekerlik geen groter rede wees om die ANC-bestuurde Magareng-regering, wat minstens sedert vanaf Oktober verlede jaar glad nie die stagnerende aanleg in werking gestel het nie, te verwyder nie.

“Dit is tyd om Warrenton se sanitasie-krisis om te keer, en dit is tyd om ons waterbronne te beveilig deur te registreer om te stem in die plaaslike verkiesing en te stem vir ‘n DA-regering want ons kry dinge gedoen.” 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *