KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (51) is in ‘n kritieke toestand nadat hy Maandagmiddag in sy huis na bewering probeer het om sy eie lewe te neem.
Die Reaction Unit South Africa (RUSA) berig hulle het omstreeks 13:53 ‘n oproep van die slagoffer se bure ontvang. Hulle is toe na die toneel om te help. Met hulle aankoms is die man op die grond gevind.
Man kritiek na hy glo eie lewe wou neem
“Volgens sy vrou is hy gevind waar hy aan ‘n tou aan ‘n metaalbalk in hul erf gehang het. Sy het die tou afgesny en hom op die grond laat lê.”
Hy is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem. Omstandighede oor die voorval is nog nie bekend nie.
LEES OOK: ‘Hy is terug by ons,’ sê ma na motor met baba in gekaap is
LEES OOK: Ma en baba herenig na vermeende kapers motor met baba in kaap
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



