September 19, 2021

‘Hy is terug by ons,’ sê ma na motor met baba in gekaap is

Alicia Lamprecht sê ‘n ooggetuie het aan hulle gesê sy het gesien hoe iemand hom in die omgewing waar hy gevind is, uit ‘n bewegende motor gooi.

‘Hy is gelukkig, hy is terug by ons’

‘Hy is gelukkig, hy is terug by ons’ Foto: verskaf

KAAPSTAD. – “Hy is gelukkig. Hy is terug by ons,” sê Alicia Lamprecht wie se sewe maande oue babaseuntjie vanoggend in haar motor was toe dit deur vermeende kapers gekaap is.

Lamprecht sê verder klein Henco is deur paramedici ondersoek, maar is ongedeerd.

Motor vanoggend gekaap

FiND iT het vroeër berig die gekaapte motor is later die oggend gevind, maar daar was geen teken van Henco nie. Die polisie en gemeenskapslede het aanhou soek. Om 11:40 is Henco by Garden Village Centre gevind.

Lamprecht sê ‘n ooggetuie het aan hulle gesê sy het gesien hoe iemand hom in die omgewing waar hy gevind is, uit ‘n bewegende motor gooi.

Die saak word tans deur die polisie ondersoek.

LEES OOK: Ma en baba herenig na vermeende kapers motor met baba in kaap

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *