September 28, 2021

Oom Bushy sien daarna uit om ontslaan te word

“Hy is baie opgewonde en sê ook hy sien uit na die nuwe rugbyseisoen wat voorlê.”

Oom Bushy sien uit daarna om ontslaan te word

Oom Bushy sien uit daarna om ontslaan te word

Dit gaan goed met oom Bushy wat Vrydag ‘n operasie ondergaan het na hy Woensdag sy heup gebreek het.

Arni van Rooyen, hoof uitvoerende beampte by Griquas, het vandag by oom Bushy gaan kuier en hy sê dit gaan baie goed met hom.

“Ek het vir hom ‘n paar sjokolades, koeldrank en eetgoedjies geneem,” sê Van Rooyen. “Hy is baie positief. Hy sê hy het nie meer so baie seer nie. Hy wil nou net ontslaan word! Hy is baie opgewonde en sê ook hy sien uit na die nuwe rugbyseisoen wat voorlê.”

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se vierde uitgawe is hier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *