GAUTENG. – Twee vrouens en ‘n man is vanmiddag in die hospitaal opgeneem na ‘n man na bewering petrol oor homself en ‘n motor, met ‘n vrou binne-in, gegooi het.
Die voorval het op die Miles Sharpe-weg in Rynfield, Benoni voor ‘n skool gebeur.
Man gooi glo petrol oor homself ook
ER24 berig hulle paramedici het vanoggend om 06:48 by die toneel aangekom. Die motor is in ‘n parkeeraera aan die brand gesteek. ‘n Man het kritieke brandwonde opgedoen en twee vrouens het ook ernstige brandwonde opgedoen. Die beseerdes het gevorderde lewensondersteunende behandeling ontvang voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere sorg.
Daar word beweer die man het petrol oor die motor met ‘n vrou binne-in gegooi. Hy is ook tydens die voorval beseer. Die tweede vrou het brandwonde opgedoen toe sy probeer het om haar mede-passasier uit die voertuig te verwyder.
Polisielede was ook op die toneel.
LEES OOK: Ma en baba herenig na vermeende kapers motor met baba in kaap
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



