KAAPSTAD. – Almal het vanoggend saamgespan om ‘n noodboodskap te versprei nadat dit aan die lig gekom het dat ‘n vrou se motor glo vanoggend in Observatory gekaap is. Haar sewe oue maande seuntjie was tydens die voorval in die motor.
Boodskappe met foto’s van Henco is vanoggend versprei om mense in te lig oor wat gebeur het. Later is die gekaapte motor gevind, maar daar was geen teken van klein Henco nie.
Vermeende kapers kaap glo voertuig met baba in
Die polisie en gemeenskapslede het aanhou soek. Om 11:40 is Henco by Garden Village Center gevind. Hy is ongedeerd.
Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, sê die voorval word ondersoek. ‘n Moontlike verdagte moes deur die ma uitgeken word.
LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



