Britney Spears spog met verloofring

Deel hierdie storie / Share this story

Popster Britney Spears het haar verlowing aan haar kêrel, Sam Asghari, bekend gemaak deur ’n video waarin sy met ’n knewel van ‘n diamantring spog, op Instagram te plaas.

In die video, met die onderskrif, ‘I cant @#&*! believe it!’, vra Sam haar of sy van die ring hou en haar antwoord is ja!

Sam het in ’n aparte pleasing op sy eie Instagram-profiel ’n foto van die ring geplaas.

Die twee het mekaar in 2016 op die stel van ’n musiekvideo ontmoet.