September 16, 2021

Aanval op gasteplaas – gaste vasgebind en van besittings beroof

Na bewering is probeer om ‘n gas met ‘n skoenveter te verwurg.

Aanval op gasteplaas, gaste vasgebind en van besittings beroof

Aanval op gasteplaas, gaste vasgebind en van besittings beroof Foto: Fotki

WES-KAAP. – Drie vermeende gewapende plaasaanvallers het die naweek op ‘n gasteplaas tussen Hermanus en Stanford toegeslaan.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die voorval by die gasteplaas word ondersoek.

“Drie gewapende verdagtes het gaste Vrydagaand om 20:30 beroof. Die verdagtes het met van die gaste se persoonlike besittings gevlug. Geen beserings is aangemeld nie. Die verdagtes moet nog in hegtenis geneem word,” het Traut aan FiND iT gesê.

Volgens noodgroepe het die drie vermeende gewapende aanvallers op gaste, waaronder ‘n kind, toegesak. Die betrokke gaste se hande was glo almal met skoenveters vasgebind. Die gaste is toe van persoonlike besittings beroof.

Na bewering is probeer om ‘n gas met ‘n skoenveter te verwurg. Gelukkig was die poging onsuksesvol.

LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan

LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *