September 16, 2021

Drie mans vas oor onwettige vuurwapens en dwelms

Volgens kol. Mbele het die Port Shepstone K9-eenheid die saak opgevolg.

Drie mans vas oor onwettige vuurwapens en dwelms (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Drie mans vas oor onwettige vuurwapens en dwelms (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Drie mans is vasgekeer vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê ‘n man het Sondagaand omstreeks 19:30 ‘n verdagte gewaar wat vermoedelik sy voertuig in Main Hardingstraat in Boboyi gesteel het.

“Die slagoffer en sy vriende het die drie mans genader en ‘n bakleiery het uitgebreek. Een van die verdagtes het skote na die slagoffer en sy vriende afgevuur en die slagoffer het wonde aan sy onderlyf opgedoen,” sê Mbele. “Die beseerde is na die hospitaal geneem vir mediese aandag en ‘n saak van poging tot moord is geopen.”

Volgens kol. Mbele het die Port Shepstone K9-eenheid die saak opgevolg ná die beskrywing van die twee voertuie aan hulle gegee is. Toe die lede by Paddock aankom, het hulle ‘n verdagte voertuig gewaar en deursoek.

“Die verdagtes is in die besit van twee vuurwapens, 32 rondes ammunisie en 100 heroïenkapsules gevind,” sê Mbele.

Die verdagtes tussen die ouderdomme van 22 en 31 is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en dwelms.

Lees ook: Vierde uitgawe van Bloemfontein Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *