September 19, 2021

Werner Büchner se matriekklas bied beloning aan

“Werner Büchner was ‘n absolute ikoon.”

Werner Büchner se matriekklas bied beloning aan

Werner Büchner se matriekklas bied beloning aan Foto: Verskaf

OOS-KAAP. – Werner Büchner (55), wat op die aand van 5 September tydens ‘n plaasaanval op sy melkplaas Boslaagte ‘n noodlottige wond in die rug toegedien is, se klasmaats bied ‘n beloning vir inligting oor sy moord aan.

Büchner se klasmaats, wat saam met hom in 1984 by die Hoërskool Brandwag in Kariega gematrikuleer het, het ‘n fonds gestig. Daar is reeds R95 000 ingesamel deur hierdie matriekgroep as beloning vir inligting tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van Büchner se moordenaars kan lei.

Die klasmaats sê hierdie inisiatief is uit liefde, asook ‘n totale afgryse teenoor sinnelose moorde op plase in ons land. Sy klasmaats beskryf hom as ‘n “absolute ikoon “.

“Werner Büchner was ‘n absolute ikoon.”

sê sy klasmaats

“Werner was by soveel goed betrokke. Hy was ’n absolute ikoon. Die enorme hoeveelheid kennis wat saam met sy dood verlore gaan, is ewe hartseer.”

Die bedrag wat as beloning aangebied word, kan meer word, aangesien die matriekklas met meer ondersteuning ’n groter bedrag vir inligting kan uitloof.

“Enigeen wat ‘n bydrae wil maak, hoef nou slegs ’n onderneming van hul skenkingsbedrag te gee, aangesien die geld eers uitbetaal sal word wanneer die moordenaars skuldig bevind word danksy akkurate inligting wat deur ’n lid van die publiek verskaf is.”

Die groep kan gekontak word by [email protected] en ondernemings vir skenkingsbedrae kan ook na hierdie e-posadres gestuur word.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Polisie op soek na drie verdagtes na plaasaanval op Buchner-gesin

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *