September 19, 2021

Polisie op soek na drie verdagtes na plaasaanval op Buchner-gesin

Alle inligting is streng vertroulik en inbellers het die reg om anoniem te bly.

Polisie op soek na drie verdagtes na plaasaanval op Buchner-gesin

Polisie op soek na drie verdagtes na plaasaanval op Buchner-gesin Foto:Facebook, MPO

OOS-KAAP. – Die polisie is op soek na minstens drie gewapende mans wat na bewering betrokke was by die plaasaanval op die Buchner-gesin Sondagaand.

FiND iT het gisteroggend berig Werner Buchner (55) is tydens die aanval in die rug geskiet en is op die toneel dood. Buchner Jr., Werner se seun, is ook tydens die voorval gewond en is na ‘n hopsitaal geneem. Estelle, Werner se vrou, is tydens die voorval beseer toe sy haar gesin probeer beskerm het.

Inligting gesoek na plaasaanval op Buchner-gesin

“In hierdie stadium is die besonderhede van die voorval skraal. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord met bykomende aanklagte van poging tot moord en huisroof vir verdere ondersoek,” het sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, gesê.

Enigiemand wat moontlik kan help met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes, wat nog op vrye voet is, word versoek om die naaste polisiekantoor te kontak. Alle inligting is streng vertroulik en inbellers het die reg om anoniem te bly.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *