September 28, 2021

Skermtyd vir onder 18’s nou beperk tot slegs drie ure per week

CHINA. – Tieners onder 18 in China word vanaf môre tot slegs drie ure per week skermtyd wat videospeletjies aanbetref, beperk.

Die Nasionale Pers en Publikasie Administrasie van China het Maandag dié nuwe regulasies gepubliseer.

Skermtyd, fone en videospeletjies

Die beperkinge sluit die gebruik van selfone vir videospeletjies in en sal ‘n groot effek het op miljoene jong “gamers” wat nou slegs op ‘n Vrydag, Saterdag en Sondag, vanaf 20:00 tot 21:00 mag speel.

Die beperkinge laat toe dat hulle ook vir ‘n uur op ‘n openbare vakansiedag mag speel.

Die regering het die beperkinge ingestel om te help dat kinders nie aan aanlynvideospeletjies verslaaf raak nie.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *