September 16, 2021

Man (29) verkrag seun in ruil vir ‘n rit op sy fiets

Die twee slagoffers was onderskeidelik nege en 12 jaar oud tydens die voorvalle.

Man verkrag seun in ruil vir ‘n rit op sy fiets

Man verkrag seun in ruil vir ‘n rit op sy fiets Foto: goodhousekeeping.com

NAMIBIË. – ‘n Man, Mandume Nakale (29) en inwoner van Ongwediva, is tot 45 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy tien jaar gelede twee seuns verkrag het.

Mandume Nakale is in die streekhof op Oshakati gevonnis nadat die landdros hom skuldig bevind het op ses aanklagte van verkragting. Die slagoffers was onderskeidelik nege en 12 jaar oud tydens die voorvalle.

The Namibian berig tydens een voorval het Nakale met sy fiets na een van die slagoffers se huise gegaan en vir koue water gevra. Die slagoffer het gevra of hy met Nakale se fiets kan ry.

Man wys eksplisiete films aan seuns voor hy hulle verkrag

“Nakale eis toe seks in ruil daarvoor en waarsku die seun om vir niemand te sê nie. Hy het ook aan die slagoffers T-hemde en sakke as geskenke gegee in ruil dat hulle vir niemand mag sê nie. Hy het hulle ook seksueel eksplisiete films laat kyk voordat hy hulle verkrag het,” berig die plaaslike koerant.

Daar word verder berig in 2012 het een van die slagoffers het in 2012 verhuis. Die slagoffer het tydens ‘n vanansie in Ongwediva aan die ander slagoffer vertel dat hy deur Nakale verkrag is. Hulle het toe hulle ouers vertel.

Nakale ontken dat hy die tweede slagoffer verkrag het. Die hof het beweer die beskuldigde was ten tye van die voorval volwasse genoeg. Sy vonnis is dus nie verkort nie en hy is tot 45 jaar gevonnis.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *