September 28, 2021

Eienaar en publiek boos en geskok oor ‘vermoorde’ hond

‘n Bron na aan die eienaar het vertel dat hulle vermoed dat die booswigte persone van die Wes-Kaap kan wees wat die gruweldaad gepleeg het. 

Eienaar en publiek boos asook geskok oor ‘vermoorde’ hond

Eienaar en publiek boos asook geskok oor ‘vermoorde’ hond Foto: Isaac Cloete

Wanneer RIV aan ‘n hond gesê word, is daar iewers groot fout.

Dit is hoedat inwoners van Nuwedorp, Nababeep, voel nadat ‘n hond onlangs opgehang hier gevind was. Bully was ‘n hond wat met ‘n skaaphond gekruis was. 

Hy is Donderdag so teen drie-uur aan ’n boom opgehang gevind deur ’n verbyganger van Nababeep, naby Springbok. Die troeteldier het behoort aan ‘n inwoner van hier.

Volgens ’n bron het ’n oom verby die boom geloop en die hond sien hang. Hy was met blou cable ties aan sy pote vasgemaak gevind en al dood.

Die oom het die eienaar verwittig en hulle het sommer vir Bully onder die boom begrawe. Die eienaar se vrou was te geskok om die voorval by die polisie te gaan aanmeld. Sy was ook te getraumatiseer om met die media oor die voorval  te praat.

Haar seun, Gillo Dirkse, het gesê dat Bully een van die oudste honde in die buurt was en nie verdien het om so te sterf nie.

‘n Bron na aan die eienaar het vertel dat hulle vermoed dat die booswigte persone van die Wes-Kaap kan wees wat die gruweldaad gepleeg het. 

Volgens die antie se dogter, Jenny Dirkse, het die voorval gebeur net toe haar ma nie tuis was nie. Die gesin voel dat die booswigte “slapelose nagte moet hê en elke keer hulle oë moet knip as hulle hom in hul gedagtes sien.”

Hierdie is ‘n voorval van erge dieremishandeling en moet aangemeld word, skree die publiek nou. Ander vertel dat dit ook beskadiging van iemand se eiendom kan beteken.

Volgens inligting het die Springbok-area nie meer ’n dierebeskermingsvereniging nie. Baie diere soos veral perde en donkies word gereeld so mishandel en gemartel, vertel die inwoners hier.

Nietemin, inwoners van Nababeep is nou op hul hoede vir soortgelyke aanvalle op hul troeteldiere het hulle bekommerd vertel.

Intussen het baie mense hulle skok en woede oor die voorval uitgespreek, soos byvoorbeeld:

“Hulle is evil bastards”

“Dis ‘n sonde in God se oë om dit te doen.”

“Moordenaars in wording.. die meeste reeksmoordenaars het ook diere mishandel of doodgemaak.”

“RIP Bully.”

“Siek persone wat ’n gevaar vir andere is, want baie moordenaars het so begin.”

Die Nababeep-polisie was baie verontwaardig toe hulle van die voorval hoor en omdat die voorval nog nie aangemeld was nie. Die stasiebevelvoerder het intussen onderneem om die voorval op te volg as hy Woensdag weer op kantoor is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *