September 28, 2021

Danielle Crafford gee raad oor lipomlyner

Ek begin altyd om ’n M op die bolip te trek, op die “Cupid’s bow” en dan liggies die natuurlike liplyn te volg en net effens bo dit te gaan, net om ’n voller effek te kry.

Danielle Crafford gee raad oor lipliner

Danielle Crafford gee raad oor lipliner

Danielle Crafford, ’n bekende grimeerkunstenaar van die stad, gee bietjie raad oor hoe jy lipomlyner kan gebruik om die perfekte lippies te kry.

Mense vergeet soms van lipomlyner, maar vir my is dit so belangrik! Dit help om jou lippe mooi te vorm en help ook dat jou lipstiffie nie “bloei” nie.

Ek skrop altyd my lippe voor ek begin, somer met ’n tuisgemaakte lipskrop, of ’n sagte afskilferende lipborsel, om al die dooie velletjies af te kry, dan ’n lekker, goeie vogmiddel. Voor jy begin, vee die oorblywende vogmiddel af.

Dit hang af watter voorkoms jy wil hê. Vir ’n “everyday natural look” sal ek sê kry ’n lipomlyner min of meer dieselfde kleur as jou natuurlike lipkleur. Kies ook dan ’n lipstiffie wat daarby sal pas, dit help net met die inskakering (blending) aan die einde.

Om dit te oordoen, is nooit ’n goeie idee nie! Mens kan bitter vinnig sien as iemand se lippe “overline” is.

Ek begin altyd om ’n M op die bolip te trek, op die “Cupid’s bow” en dan liggies die natuurlike liplyn te volg en net effens bo dit te gaan, net om ’n voller effek te kry.

Hou jou lippe styf en trek dan die onderlip saam met die natuurlike lyn.

Meeste mense (ekself) sukkel met ’n dun bolippie. Ek probeer altyd seker maak dit stem ooreen en sal altyd my bolip effens meer “overline“.

Sagte, ligte “strokes” werk die beste.

As die alles mooi gedoen is, kleur ek die lippe in met die lipomlyner, dit werk as ’n lekker basis vir die lipstiffie en sal die kleur ook langer laat aanbly en laat uitstaan.

As my kliënte ’n mat-effek soek sonder daai “uitgedroogte gevoel” sal ek net ’n lipomlyner opsit en die lippe mooi inkleur.

Anders sit ek die lipstiffiekleur bo-oor en skakeer hom mooi uit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *