Hierdie resep wat die week opslae op Facebook gemaak het, is besig om vinnig ’n nuwe gunsteling by elke braai te word.
Bestanddele:
- 1 kg stampmielies
- 4 groot uie
- 2 pakke spek
- 2 pakkies Potato Bake
- l ℓ melk
- gerasperde kaas
Metode:
- Kook die stampmielies tot gaar, soos op die pak aangewys.
- Braai die uie en spek saam en meng dit met die gaar stampmielies.
- Meng die twee pakkies Potato Bake saam met die liter melk.
- Meng dit dan saam met die stampmielies.
- Gooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir ongeveer 30 minute by 180°C.



