September 23, 2021

Familie gesoek na Pollsmoor-gevangene (22) maande voor vrylating sterf

Enige persoon met inligting rakende die oorledene, Nicolas Nompolweni, moet Ntobeko Ngalo by Pollsmoor-gevangenis by 021 700 1255 skakel.

Familie gesoek na Pollsmoor-gevangene (22) maande voor vrylating sterf

Familie gesoek na Pollsmoor-gevangene (22) maande voor vrylating sterf Foto: tprf.org

KAAPSTAD. – ‘n Pollsmoor-gevangene (22) wat na verwagting op 31 Januarie 2022 vrygelaat sou word, se familie word gesoek nadat hy in die Victoria-hospitaal gesterf het.

Lewies Davids, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê Nicolas Nompolweni is aan natuurlike oorsake in die hopsitaal oorlede. Die departement is op soek na familielede van Nompolweni.

“Amptenare van die gevangenis het alle moontlike maniere en leidrade gevolg om familie of naasbestaandes van Nompolweni op te spoor, maar was onsusesvol. Die polisie is ook intussen vir hulp genader.”

Enige persoon met inligting rakende die oorledene moet Ntobeko Ngalo by Pollsmoor-gevangenis by 021 700 1255 skakel.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *