UPINGTON. – ‘n Juffrou van Laerskool Oranje-Noord, Hanelise Klopper (32), is Woensdag dood in haar woonstel op die dorp aangetref.
Mense geskok na juffrou dood aangetref is
Boodskappe van medelye stroom sedert die nuus bekendgemaak is in op Facebook. Die laerskool het ook ‘n inskrywing op hulle blad geplaas.
Vriende en vriendinne het ook verskeie foto’s van Hanelise op sosiale media gedeel. Een van haar vriendinne skryf: “Hanna, daar is nie genoeg woorde om te beskryf hoe kosbaar jy vir ons was nie. Jy los ‘n groot leemte. En ons harte is baie seer.”
Ander ouers skryf ook hoe sy hulle kinders gehelp het.
LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’
LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



