September 23, 2021

Smalste huis in die wêreld – Sal jy hier kan woon?

Alhoewel hierdie huis as ‘n woning gebruik word, word dit gesien as ‘n kunsinstallasie omdat dit nie voldoen aan die Poolse boukodes nie.

Die wêreld se smalste huis bestaan uit twee vloere met 'n slaapkamer, badkamer, kombuis en 'n leefarea.

Die wêreld se smalste huis bestaan uit twee vloere met 'n slaapkamer, badkamer, kombuis en 'n leefarea. (Foto: Cnet)

POLE. – Die Keret-huis staan bekend as die wêreld se smalste huis. Die huis is op sy smalste gedeelte slegs 92 cm en op sy wydste deel 152 cm breed. Die wêreld se smalste huis bestaan uit twee vloere met ‘n slaapkamer, badkamer, kombuis en ‘n leefarea.

Die tweeverdieping-kunsinstallasie is vernoem na die Israeliese skrywer en filmmaker Etgar Keret, wat die gebou se eerste huurder was.

Die huis is gemaak van deurskynende glaspanele om lig in te laat terwyl hy twee vensters het wat nie kan oopmaak nie. Verder bestaan die huis uit yster. Die hele binnekant is wit geverf en die elektrisiteit van die gebou word verkry uit ‘n aangrensende gebou. Die huis het aangepaste water- en riooltegnologie en is nie verbind met die waterstelsels wat deur die stad voorsien word nie.

Alhoewel hierdie huis as ‘n woning gebruik word, word dit gesien as ‘n kunsinstallasie omdat dit nie voldoen aan die Poolse boukodes nie.

Lees ook: Man doodgesteek wat glo te veel tyd op selfoon spandeer(Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *