September 20, 2021

Vermeende plaasaanvallers martel man en vrou glo vier ure

Die aanvallers het ook na bewering van Hesta Barnard se hare met ‘n mes afgesny.

Vermeende plaasaanvallers martel glo egpaar vier ure

Vermeende plaasaanvallers martel glo egpaar vier ure Foto: Pexels

NOORD-WES. – ‘n Man en vrou is glo op 8 September vir vier ure lank vanaf die aand 20:00 op Kortfontein tussen Koster en Derby gemartel.

Chris Barnard (63) en Hesta du Plessis is volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, op hulle stoep aangeval. Botma sê verder daar was na bewering drie gewapende aanvallers met klapmusse.

Daar word berig Chris is aangerand en ook met ‘n sweep geslaan. Hesta is glo met ‘n warm strykyster gebrand en is erg aangerand.

Botma sê die aanvallers het na bewering met wapens, geld, selfone en ander huishoudelike items in die egpaar se bakkie gevlug.

Hesta het hulp ontbied en die plaaswag en ander rolspelers het gereageer. Beide Chris en Hesta is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

“Die polisie ondersoek die saak, maar niemand is al in hegtenis geneem nie. Daar is in hierdie stadium geen ander inligting beskikbaar nie.”

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *