Man doodgesteek wat glo te veel tyd op selfoon spandeer

Die beskuldigde het homself glo vererg.

Man doodgesteek wat glo te veel tyd op selfoon spandeer

Man doodgesteek wat glo te veel tyd op selfoon spandeer Foto: waca.associates.com

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (35) is na bewering deur sy vriend doodgesteek omdat hy te veel tyd op sy selfoon spandeer het en nie met die mense rondom hom kommunikeer het nie.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê Sandile Buthelezi en die verdagte was saam met vriende in Isikhalambazo toe hulle glo in ‘n woordewisseling betrokke geraak het. Die beskuldigde het homself glo vererg en Buthelezi daarvan beskuldig dat hy baie tyd op sy selfoon spandeer in plaas daarvan om met sy vriende te gesels.

Man glo doodgesteek na woordewisseling

“Buthelezi het voortgegaan om die beskuldigde uit te lok en die twee se vriende het ingetree. Die mans het ophou stry en die beskuldigde het weggeloop. ‘n Paar minute later het die man glo na Buthelezi geloop en hom twee keer in die bors gesteek,” sê Mbele.

Die verklaring sê verder Buthelezi het na bewering probeer terugveg, maar hy het nie daaarin geslaag nie. ‘n Saak van moord is by die polisie geopen en die saak word ondersoek. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Mtunzini-landdroshof verskyn.

LEES OOK: KYK: Polisiebeampte glo met klip gegooi tydens protesaksie

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: