September 28, 2021

Durban-egpaar skuldig bevind aan R1.2 miljoen vakansie-bedrog

Die egpaar is verbind met bedrogsake in verskeie plekke soos Tongaat, Chatsworth en Phoenix.

Die Durban-egpaar is skuldig bevind en op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die Durban-egpaar is skuldig bevind en op borgtog van R5 000 vrygelaat. (Foto: Zenefits)

DURBAN.-  Megasen Roland Chetty (38) en Sarasvathi Belinda Pillay (47), ‘n egpaar van Durban, is die week in die landdroshof in Durban skuldig bevind aan 18 aanklagtes van bedrog.

Volgens IOL is die misdade tussen Februarie 2018 en Oktober 2019 gepleeg. Die egpaar is verbind met bedrogsake in verskeie plekke soos Tongaat, Chatsworth en Phoenix.

Die polisie sê die egpaar se modus operandi was om mense te belowe dat hulle vakansies in die buiteland en plaaslik met afslag sal verseker.

Die Durban-egpaar is skuldig bevind en op borgtog van R5 000 vrygelaat

Die vonnisoplegging sal op 21 Oktober plaasvind

Lees ook: Valke op soek na twee vrouens wat moontlik met saak kan help

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *