NOORD-KAAP. – Die Valke soek die publiek se hulp om uit te vind waar die vrouens, Thandiwe Neki Tladi (26) en Andiswe Nebulan (24), hulself bevind. Die twee kan moontlik help met die oplos van ‘n saak van bedrog en vervalsing.
Volgings Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, het Raubex Group LTD ‘n kontrak met die Kareeberg-munisipaliteit op Carnarvon gehad. Na bewering het die munisipaliteit gedurende 2018 ‘n e-pos ontvang wat vermoedelik deur Raubex Group gestuur is, met nuwe bankbesonderhede waarheen meer as R700 000 oorbetaal is.
Valke op soek na inligting oor vrouens
Daar word verder beweer dat die Raubex-groep navraag oor hul geld gedoen het, maar slegs om te weet dat dit reeds betaal is. Intensiewe ondersoek deur die ondersoekspan het aan die lig gebring dat albei verdagtes die bankrekening van die Raubex-groep onwettig na hul eie rekening verander het.
Enigiemand met inligting moet die Valke se ondersoekbeampte, kapt. Motsamai Mthombeni, by 071 481 3390 kontak of kontak die polisie se Stop Misdaad-nommer 08600 10111. Alle inligting word streng vertroulik gehou.
LEES OOK: ‘Here ek roep na U,’ pleit ma met babadogtertjie in waakeenheid
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



