Sasolburg – man en vrou wreed vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

SASOLBURG. – Twee verdagtes verskyn vandag weer in die hof nadat Annie Liebenberg (62) en Micheal Zantow (64) se liggame ‘n dag uit mekaar in verskillende huise gevind is. Hulle is albei wreed vermoor.

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Liebenberg se liggaam is Sondag in die buitekamer van hul huis aangetref nadat haar familie agtergekom het hulle het lanklaas van hul ma gehoor. Volgens Makhele was Liebenberg se hande vasgebind en sy het verskeie beserings aan haar kop en nek gehad.

Zantow was nêrens te vind nie.

Twee verskyn vandag na Sasolburg-paar vermoor is

Daar was items uit die huis vermis. Die paar se Volkswagen Jetta was ook weg. Makhele sê die polisie het na die motor begin soek. Dit het die polisie gelei tot in ‘n informele nedersetting waar die motor opgespoor is.

“Lede van die polisie het die motor gewaar en wou die voertuig van die pad af laat trek. ‘n Skietgeveg het tussen die insittendes van die Jetta en die polisie ontstaan. Die verdagtes het daarna gevlug.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 35, is wel later in hegtenis geneem.

Die soektog na Zantow is Maandag hervat. Sy liggaam is in ‘n ander huis gevind. Die oorsaak van albei se dood moet nog bepaal word.

LEES OOK: Swanger vrou met skietwonde dood in rivier gevind

LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.