Swanger vrou met skietwonde dood in rivier gevind

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT – ‘n Swanger vrou se liggaam is op 22 Augustus in die Krokodilrivier by Kanyamazane gevind.

‘n Moordsaak is geopen en polisielede by die Kanyamazane-polisiekantoor het sedertdien ‘n soektog na verdagte(s) van stapel gestuur.

Op die betrokke dag is die polisie sowel as mediese personeel van die voorval in kennis gestel. Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die vrou met hulle aankoms dood verklaar.

Inligting oor dood van swanger vrou gesoek

“‘n Voorlopige ondersoek deur die polisie dui daarop dat die vrou swanger was. Sy het verder skietwonde aan haar lyf gehad en is nog nie geïdentifiseer nie. Sy is in haar 30’s, het kort blonde hare en daar word gesê dat sy ‘n pienk langbroek sowel as ‘n bruinrooi T-hemp aangehad het.”

Die provinsiale kommissaris het beveel dat die verdagte(s) vinnig in hegtenis geneem moet word. Lede van die gemeenskap word versoek om die polisie te help met inligting oor die voorval Skakel konst. Andrea Terrance Mthunzi Maphanga by 082 4691604 of kapt. Ishmael Zephania Phiri 0824691542. Alle inligting wat ontvang word, word as vertroulik hanteer, en bellers kan verkies om anoniem te bly.

LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad

LEES OOK: ‘Joost sou trots wees op sy sportseun,’ sê aanhangers na Amore op Instagram spog

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.