Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad

Deel hierdie storie / Share this story

Baie van ons kan nie eers een dag oorleef sonder om te bad nie, wat nog te sê ses dekades? Die wêreld se vuilste man, Amou Haji (83), beweer hy is baie bang vir water en daarom het hy 65 jaar laas gebad of gestort. Hy glo wanneer hy gaan bad, sal hy siek word en daarom bly hy vuil om homself te beskerm.

Haji woon alleen in ‘n Iranse woestyn. Hy besit nie ‘n huis nie en woon in gate in die woestyn in die buitewyke van die dorp. Die gate lyk soos grafte wat hom “met die werklikheid laat tred hou”. Daar is ook oop baksteenhutte waarin hy soms woon.

Hy eet graag vrot vleis, veral ystervarkvleis. Hy drink ook elke dag vyf liter water. Haji is ’n roker en kry soms sigarette by mense. Anders rook hy mis uit ‘n pyp. Volgens hom is dieremis beter om te rook as sigarette, selfs handgerolde sigarette, uit ‘n winkel. Baie mense sou dink hy is nie gesteld op netheid nie, maar volgens hom sny hy gereeld sy hare self om dit kort te hou.

LEES OOK: Boer kritiek na hy brande help blus, dogter pleit vir hulp

LEES OOK: ‘Joost sou trots wees op sy sportseun,’ sê aanhangers na Amore op Instagram spog

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.