Boer kritiek na hy brande help blus, dogter pleit vir hulp

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – Izak Potgieter (52), ‘n boer tussen Hartbeesfontein en Ottosdal, lê tans kritiek in die hospitaal nadat hy op 6 Augustus ‘n hartaanval gekry het as gevolg van die inaseming van ‘n oormaat koolstofdioksied toe hy ‘n brand op ‘n plaas help blus het.

Cindy Booyse, sy dogter, is tans besig met ‘n fondsinsameling op Facebook om R300 000 vir haar haar pa se mediese kostes in te samel. Booyse vertel op haar Facebook-blad haar pa het op die betrokke dag brande op ‘n plaas help blus. Op pad terug het hy ‘n hartaanval in sy bakkie gekry. Potgieter het die bakkie gerol.

“Sy nek is gebreek, wat hom verlam laat. Sy longfunksie het vir twee weke nie saamgewerk nie. Sy nierfunksie werk ook nie meer nie,” skryf sy verder.

Boer kritiek in hospitaal, kort geld

Geld word benodig vir ‘n groot nekoperasie wat Potgieter moet ondergaan. Booyse sê die operasie kan help dat hy die funksie van sy hand asook die gebruik van sy arms kan terugkry. R179 000 is reeds ingesamel.

“Ons vra aan almal, op wie se paaie my pa al ‘n spoor getrap het, om iets by te dra. Ons as familie is uitgeput, emosioneel veral. Ons sien nou nie meer die lig nie. Ek vra aan elkeen, al is dit net R10. Betaal dit oor aan die hospitaal. Elke persoon, elke sent, elke bietjie gaan help!”

Bankbesonderhede: Wilmed Park Hospitaal Standard bank takkode:052638
Rekening nommer: 030640806
Verwysing: W201904019:51
Epos: [email protected]

LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.