Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

Deel hierdie storie / Share this story

ENGELAND. – Stacey Astley (38) vertel van die “gesig” op haar seun se 20 weke sonarfoto wat hom beskerm nadat sy al drie miskrame ondervind het.

“Ek dink miskien is daar iets, of iemand, wat hierdie keer na ons kyk of ons ‘n bietjie help.”

Die ma vertel van haar hartseer om drie babas in sewe maande te verloor voordat sy swanger geraak het met William. Dit was vir haar “een van die seerste en emosioneelste dinge” wat sy al deurgemaak het.

Sonarfoto op 20 weke

Tydens haar swangerskap met William was sy aanhoudend angstig weens gesondheidsprobleme, waaronder ‘n hematoom, bloeding en haar seun wat met sepsis gebore is. Astley het tot 19 weke talle kere in die hospitaal beland. Dokters het bly glo dat klein William sal deurdruk.

“Ek het op 19 weke ophou bloei. Die ‘beskermengel’ het op die sonarfoto wat op 20 weke geneem is, verskyn. Ek was nie uit die gevaar nie, maar ek kon beslis ‘n bietjie meer asemhaal.”

Sy vertel dit was hierdie “gesig” wat haar weer hoop en verligting gegee het.

’n Gesonde William is later met ‘n geboortegewig van 4,16 kg gebore.  

LEES OOK: Graad 1-leerder glo verkrag, niemand nog in hegtenis

LEES OOK: Dodelike virus in Wes-Afrika aangeteken, sterftesyfer van 88%

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.