GENEVA. – Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Maandag gesê ‘n laboratorium in Guinee het die eerste geval van die Marburg-virus in Wes-Afrika aangeteken.
Geen entstof vir die virus nie
Hierdie dodelike virus is soortgelyk aan Ebola en het ‘n sterftesyfer van 88%. Volgens die WGO is die virus, wat deur vlermuise oorgedra word, in monsters wat geneem is van ‘n pasiënt wat op 2 Augustus in die suide van die Guéckédou gesterf het, gevind.
Simptome van die virus sluit in hoë koors en spierpyn, maar sommige mense bloei uit hulle oë en ore. Matshidiso Moeti, die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, het gesê die moontlikheid dat die Marburg-virus wyd kan versprei, beteken dat hulle dit so vinnig as moontlik moet stop.
Die Marburg-virus het nog geen entstof of spesiale behandeling nie.
LEES OOK: Seun raakgery, ouers val glo motorbestuurder met klippe aan
LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soek vrou vir inligting
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



