Seun raakgery, ouers val glo motorbestuurder met klippe aan

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – ‘n Agtjarige seun, Jandi Tjirongo, is die naweek deur ‘n motor raakgery toe hy ‘n straat wou oorsteek.

The Namibian berig die ouers het na die voorval op die toneel aangekom en die motorbestuurder na bewering met klippe aangeval. Volgens Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, het die man ernstige beserings aan sy voorkop opgedoen. Hy is na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.

Die seun is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek tans die voorval. Niemand is in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: EFF vereis gratis sanitêre doekies aan vroue

LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soevrou vir inligting

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.