BLOEMFONTEIN. – Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, staan saam met 10 ander mense en ook vyf maatskappye tereg op meer as 70 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.
Dit hou verband met die asbes-ouditskandaal van R225 miljoen. Hy het vandag weer in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn. Die saak is tot 19 Oktober uitgestel.
Strate rondom die hooggeregshof in Bloemfontein is afgesper met ‘n grootskaalse polisieteenwoordigheid.



