Talle areas vandag deur optogte geaffekteer

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing word uitgestuur oor areas in Gauteng, Mpumalanga, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal wat affekteer word deur optogte wat vandag gehou word.

Die volgende onlusgebiede is by AfriForum aangemeld:

Gauteng
• Frikkie Meyer-bd., Vanderbijlpark naby Emfuleni- plaaslike munisipaliteit

Mpumalanga
• Kanyamazane Thekwane Suid

Kwazulu-Natal
• Umgenistr. en Verulam Durban (reeds uiteen)
• Bothas Hill
• R600, D53 Bellpark afdraai. Winterton.
• Kwa-Nyuswa (protes vermoedelik oor aanstelling van raadslede)
• Hammarsdale (protes vermoedelik oor aanstelling van raadslede)

Oos-Kaap
• Alexandrastr. King William Town

Wetstoepassers bewus van optogte vandag

Talle optogte volg na berigte oor ‘n “national shutdown” wat vandag beplan is. Wetstoepassingsagentskappe is op hul hoede om tonele soortgelyk aan dié in Julie te vermy. Julie se onluste het meer as 300 lewens geëis.

Plakkate word rondgedra wat vra dat president Cyril Ramaphosa verwyder moet word, oud-president Jacob Zuma vrygelaat moet word, asook oor kwessies wat verband hou met Covid-19-entstowwe. Boodskappe is op verskeie sosialemediaplatforms gedeel wat mense aanmoedig om deel te hê aan die optogte. Owerhede het intussen die publiek gewaarsku en gesê dit is teen die wet om hierdie soort boodskappe te versprei.

LEES OOK: Ma se kêrel mishandel glo hond seksueel, dogter getraumatiseer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.