KAAPSTAD. – ‘n Honde-eienaar van Ocean View is getraumatiseer nadat sy afgekom het op haar ma se kêrel wat na bewering besig was om hulle familie se hond seksueel mishandel.
Cape of Good Hope-DBV het op hulle webtuiste gesê inspekteur Mark Syce en die polisie is na die toneel gestuur om die bewering van bestialiteit te ondersoek. Met hulle aankoms het Syce gevind dat die hond geskend is en mediese hulp van ‘n veearts benodig. Die hond is na ‘n veearts vir ondersoek geneem en om DNS-monsters vir verdere toetse te kry.
Man in aanhouding na hy hond glo seksueel mishandel
Inspekteur Syce het ook gesê die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Die hond is na die TEARS-dierehospitaal vir behandeling geneem.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
“Ons is dankbaar teenoor die TEARS dat hulle hul veearts gebruik het om die DNS-monsters te ondersoek en te versamel,” het hoofinspekteur Jaco Pieterse aan die Cape of Good Hope-DBV gesê.
Die DBV moedig mense aan om alle vorme van mishandeling aan te meld.
LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame
LEES OOK: Dodelike virus in Wes-Afrika aangeteken, sterftesyfer van 88%
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



