‘National shutdown’ – wetstoepassers bewus van vandag se optogte

Deel hierdie storie / Share this story

Die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur (NatJOINTS) het in ‘n verklaring gesê wetstoepassers is bewus van en gereed vir die beweerde beplande “national shutdown” wat vir vandag beplan word.

“Die NatJOINTS is bewus van boodskappe wat op verskillende sosialemediaplatforms die ronde doen wat geweld aanhits. Diegene agter hierdie boodskappe word gewaarsku dat die aanhitsing van geweld ‘n kriminele oortreding is. Lede van die publiek word gewaarsku teen die verspreiding van sulke boodskappe,” waarsku lt.kol. Robert Netshiunda.

NatJOINTS tref reëlings vir beweerde national shutdown

Die landsburgers word verder gevra om nie deel te hê aan enige gewelddadige aktiwiteite nie. Die NatJOINTS vra die publiek ook om nie deel te neem aan enige aktiwiteite wat die gesag van die staat ondermyn nie.

Daar word ook aan gemeenskappolisieforums gevra om saam met die polisie te werk en rustigheid in die land te skep.

“Wetsgehoorsame burgers moet gerus wees in die wete dat die NatJOINTS hierdie dreigemente nie ligtelik opneem nie. Veiligheidsmagte is gereed om stabiliteit in die land te handhaaf en die veiligheid van Suid -Afrikaners te verseker.”

LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

LEES OOK: Graad 1-leerder glo verkrag, niemand nog in hegtenis

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.