Jacob Zuma-stigting vra donasies om regskostes te dek

Deel hierdie storie / Share this story

Die Jacob Zuma-stigting, JG Zuma Foundation, het vanoggend op Twitter donasies gevra om te help betaal aan regskostes.

“Ons vra nederig dat julle ons moet ondersteun deur donasies om die regskoste van Zuma te help dek,” lui die versoek by die Twitter-inskrywing. Die voormalige president dien tans 15 maande tronkstraf uit. Hy beweer hy is sonder ‘n verhoor tronk toe gestuur en dat dit ongrondwetlik is in terme van plaaslike en internasionale reg.

Twitter-inskrywing van die Jacob Zuma-stigting:

LEES OOK: ‘Ons soek antwoorde’ sê rolspelers wat Maandag met Bheki Cele vergader

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.