Verskeie rolspelers, waaronder Petrus Phakamile Sitho (aktivis teen plaasmoorde), Kallie Roux (Unite Against Farm Murders and Attacks), Danie van der Westhuizen, pastoor TJ Mare en pastoor Gerhard Kirchner, vergader Maandag 30 Augustus met die minister van polisie, Bheki Cele.
Die span sal die kwessies rakende plaasaanvalle en plaasmoorde aanspreek. “Ons wil by die minister uitvind of die Suid -Afrikaanse polisie en regering ‘n plan het om nie net plaasaanvalle en moorde, maar ook die misdaadkwessie in ons land te bekamp,” sê Louis Fourie, bestuurder en administrasie van Stop Plaasmoorde.
Fourie het in ’n verklaring reeds ‘n paar vrae gestel wat die rolspelers graag aan die minister wil vra. Die vrae handel meestal oor beweerde uitlatings wat deur president Cyril Ramaphosa en min. Cele rakende plaasmoorde gemaak is sowel as beskerming wat glo nie op alle plase gebied word nie.
“Ons gaan dan ook verwys na die nasionale statistieke wat vir die eerste keer gepubliseer is en wat vir ons die eerste stap in die regte rigting is t.o.v. die aangeleentheid,” sê Roux oor die vergadering wat beplan word.
Roux sê verder die betrokke rolspelers het gister ontmoet om die finale reëlings van die vergadering te tref. “Ons is tans besig met die agenda van die vergadering te finaliseer.”
Die rolspelers sal na verwagting die minster Maandag om 12:00 by die polisiekollege in Pretoria-Wes ontmoet.
Die rolspelers wat met die minister gaan vergader:





LEES OOK: Gebedsdag vir Suid-Afrika se boere
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



