Gebedsdag vir Suid-Afrika se boere

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Mense van oral kom Saterdag 14 Augustus by die Uniegebou in Pretoria bymekaar vir ‘n gebedsdag om vir die boere van Suid-Afrika te bid.

Kallie Roux, van Unite Against Farm Murders and Attacks, sê die mense kom Saterdagoggend 10:00 by Builders Warehouse Zambezi in Montana bymekaar. Van daar sal die voertuie met vlae en plakkate vertek. Die groep sal dan stadig deur die strate beweeg tot by die Uniegebou. Die gebedsdag sal amptelik om 11:30 begin. Na die gebed sal die groep die Onse Vader met begeleiding saamsing. Die verrigtinge sal dan verdaag en almal kan weer terugkeer na hul huise.

Daar word gevra dat almal hulle gesigmaskers dra en sosiale afstand hou.

Hier volg die reëlings oor die gebedsdag:

LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.