Vrou val 15 meter uit boom toe sy kat probeer red

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Vrou van hier het 15 meter uit ‘n boom uit geval toe sy ‘n kat, wat in die boom vasgesit het, probeer red het. Die vrou is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal.

Volgens IOl het Shawn Herbst, van Netcare 911, gesê hulle het Dinsdag net na 15:00 op die voorval gereageer.

Lees ook: Vyf liggame van Toekoms-plaas geïdentifiseer, jongste moontlik verwurg

Vrou wat uit boom geval het, in stabiele toestand in die hospitaal

“Verslae dui aan dat ‘n volwasse vrou ongeveer 15 meter uit ‘n boom geval het en op die asfalt daaronder beland het. Die vrou het vermoedelik probeer om ‘n kat te red. Die vrou het ernstige beserings opgedoen,” het Herbst aan IOL gesê.

Die vrou is na ‘n hospitaal geneem met ‘n lugambulans.

Lees ook: Man oorlede na hospitaal operasie uitstel weens watertekort