Vyf liggame van Toekoms-plaas geïdentifiseer, jongste moontlik verwurg

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die gesin van vyf, wie se liggame Saterdag op die Toekoms-plaas buite Harrismith met verskeie steekwonde gevind is, is geïdentifiseer.

Motansti Makhele, polisiewoordvoerder, sê die pa, Mgwenika John Twala (46), ma, Sonto Selina Maloka (41), seun, Zama Maloka (20), seun, Mfanafuthi Justine Maloka (17) en dogter, Nompumelelo Emily Maloka (6), is die naweek met verskeie steekwonde aan hul liggame gevind.

Liggame geïdentifiseer

Daar word vermoed dat die jongste slagoffer ook verwurg is. Makhele het bygevoeg ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van hul dood te bepaal.

FiND iT het vroeër berig ’n tradisionele geneser het Saterdag die liggame op die plaas aangetref. Die geneser het na bewering ’n afspraak met die gesin op die betrokke dag gehad.

LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soek vrou vir inligting

LEES OOK: Fratsongeluk toe pa per ongeluk seun (3) op plaas doodry

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.