EFF eis gratis sanitêre doekies vir vroue

Deel hierdie storie / Share this story

Julius Malema het op Vrouedag op die EFF se Twitter-profiel gesê hulle sal verseker dat die staat maandeliks sanitêre doekies en ander sanitêre produkte vir vrouens en meisies voorsien.

“Die EFF sal verseker dat die staat maandeliks gratis sanitêre doekies en alternatiewe sanitêre materiaal vir menstruasie vir vroue en meisies voorsien, maar dit moet eers deur die parlement goedgekeur word,” lui die inskrywing op Twitter.

Aanhangers het gemengde gevoelens oor dié uitlating gehad. Alhoewel baie aanhangers ten gunste van die idee was, het vele gevoel die land het nie nou die finansies daarvoor nie.

“Op die oomblik het die land nie geld nie. Die land het reeds groot skuld as gevolg van swak leierskap, so waar sal die geld vandaan kom? Dis soos om te dagdroom of vir iets te wens wat nie gaan gebeur nie.”

LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soek vrou vir inligting

LEES OOK: Fratsongeluk toe pa per ongeluk seun (3) op plaas doodry

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.