‘Here ek roep na U,’ pleit ma met babadogtertjie in waakeenheid

Deel hierdie storie / Share this story

MIDDELBURG. – Adela Malan het op Facebook gepleit vir gebede na haar vyf weke oue babadogtertjie met Covid-19 in die waakeenheid opgeneem is.

“Here, ek roep na U, Here. My dogtertjie is tans in ICU. Sy doen alles in haar om vir haar lewe te baklei, maar haar een longetjie het ook platgeval,” was een van Malan se eerste inskrywings oor Milané op Facebook.

Die ma vra almal om saam met hulle te bid vir hulle babadogtertjie.

“My dogtertjie is net vyf weke oud sy kan nie nou al weggevat word nie. Covid gaan nie wen nie. Covid gaan nie my baba se lewe kos nie. Here, waar daar meer as drie mense saam in gebed staan, sal U wil geskied.”

Malan se laaste update was dat Milané tans stabiel is. Sy is nou op ‘n ossillator. Haar een long het infeksie en die ander long moet daarom harder werk. “ Haar suurstof is sy op 98%, wat goed is. Haar bloeddruk is ook baie hoog. En haar niere werk nog.”

Foto: Facebook

LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor

LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.