LIMPOPO. – Een verdagte wat na die moord in 2017 op Piet van Zyl (68) en sy vrou Tilla (66) in hegtenis geneem is, is die week tot twee keer lewenslank gevonnis.
Een verdagte gevonnis
Alhoewel agt verdagtes na die voorval in hegtenis geneem is, kon net Mpho Peneul Mbuyane met die misdaad verbind word.
Die egpaar is die oggend van 20 Augustus 2017 in hulle slaapkamer aangeval en met gewere aangehou. Die aanvallers het hulle huis deursoek en hulle daarna doodgeskiet. Die twee liggame is later deur ‘n familielid gevind.
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



