LIMPOPO. – Die Polisie op Hlanganani buite Giyani het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n tienermeisie, Answer Nhlamulo Nkovani (14) van Nwa Matatani RDP, wat op 23 Augustus 2021 omstreeks 06:00 vermis geraak het.
Tienermeisie is as vermis aangemeld
Sy het na bewering die huis verlaat om na Hoërskool Msengi toe te gaan. Sy het nooit weer teruggekeer huis toe nie. Sy is laas met haar skooldrag aan gesien. Die polisie het haar by naby familie en vriende gaan soek, maar hulle het haar steeds nie opgespoor nie.
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die vermiste persoon op te spoor, moet kapt. Marivate by 082 468 8673 of Crime Stop by 08600 10111 bel. Die polisie se ondersoeke duur steeds voort.
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



