September 24, 2021

Foto’s: Boere plant 37 wit kruise op Ysterberg

Foto’s: Boere plant 37 witkruise op Ysterberg

Foto’s: Boere plant 37 witkruise op Ysterberg Foto: Verskaf

LIMPOPO. – Verskeie boeregroepe wat saamstaan teen plaasaanvalle en -moorde het verlede naweek wit kruise by die Witkruis-monument op Ysterberg gaan plant.

‘n Wit kruis word geplant vir elke slagoffer van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die kruise bevat die naam en ouderdom van die oorledene, asook ‘n foto en datum van sterfte.

37 nuwe kruise van slagoffers is by die meer as 3 000 reeds geplante kruise geplant.

“Soos julle weet, was dit die opgradering van die Witkruis-monument in Polokwane, Ysterberg!
Toe ek daar arriveer en ek stap na die kruise, het ek ‘n benoudheid in my bors gekry, ‘n paar knoppe in my keel gesluk en ek kon ek nie die trane keer nie! Voor my is duisende kruise van iemand, ‘n geliefde wat wreedaardig gemartel en vermoor was op ‘n plaas! Jy voel die hartseer en pyn, jy sien die trane rol oor die klippe! Maar dit is ongelukkig die realiteit!” skryf Kallie Roux, van Unite Against Farm Murders And Attacks, oor dié dag wat die wit kruise geplant is.

Foto’s: Almal deur Kallie Roux verskaf.

LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’

LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *