SUID-AFRIKA. – Die regering het begin met die ontwikkeling van ‘n digitale Covid-19-inentingsertifikaat wat sal bevestig dat ‘n persoon ingeënt is.
Die digitale sertifikaat sal dan beskikbaar wees
Só het die minister van gesondheid, Joe Phaahla, vandag aangekondig. Die soort sertifikaat sal op jou foon beskikbaar wees, maar jy sal dit ook kan uitdruk, indien nodig. Die digitale sertifikaat behoort binne die volgende paar weke beskikbaar te wees. Die sertifikaat sal aan enigiemand beskikbaar wees wat al ingeënt is. Al vereiste is dat jou persoonlike inligting op die elektroniese inentingstelsel (EVDS) moet wees.
LEES OOK: Meisie met 11 skietwonde oorleef deur ‘dood te speel’
LEES OOK: Kyk, oomblik toe saamgroeiende tweeling mekaar vir eerste keer sien
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



