Dis hoe twee gevangenes uit Leeuwkop ontsnap het

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Die twee gevangenes het uit die Leeuwkop-gevangenis ontsnap deur ‘n gat in die heining van die binnehof te maak. Daarna het die twee veroordeelde moordenaars by ‘n vrou se huis in Fourways ingebreek. Hulle het die vrou van die huis beroof en haar 4 maande oue baba ontvoer. Die twee het ook ‘n wit Toyota-dubbelkajuit-bakkie gekaap en met dié in ‘n sloot ingejaag.

Volgens IOL sê die departement van korrektiewe dienste die ontsnapping van die moordveroordeelde gevangenes, Malibongwe Masondo en Luvo Mbali, “is ‘n ernstige veiligheidsoortreding ”.

Lees ook: Veiligheidswag geskiet toe hy reageer op opblaas van kitsbank

Leeuwkop-gevangenes ontsnap en teister slagoffers

Die ontsnapte gevangenes is deur die Johannesburgse metropolisie (JMPD) gearresteer.

Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), Singabakho Nxumalo, sê hulle gaan voort om die ernstige veiligheidsoortreding te ondersoek.

“Hulle het uit die binnehof van die korrektiewe sentrum ontsnap deur ‘n gat in die heining te maak.”

“Die wet sal sy gang gaan in die hantering van die twee gevangenes en DKD sal nou saamwerk met die SAPD om te verseker dat geregtigheid geskied vir die slagoffers wat deur hierdie twee geteister is,” het Nxumalo gesê.

Lees ook: Leerder probeer selfdood na onderwyser haar glo afknou