September 27, 2021

Veiligheidswag geskiet toe hy reageer op opblaas van kitsbank

Die SAPD is tans besig met ‘n jagtog om die misdadigers te vang.

Die veiligheidswag wat geskiet is, is vanaf Syferkuil in Bela-Bela

Die veiligheidswag wat geskiet is, is vanaf Syferkuil in Bela-Bela Foto: Pixabay

PRETORIA. – Thomas Maluleka (41) ‘n veiligheidswag, is dood nadat hy geskiet is toe hy reageer het op die opblaas van ‘n kitsbank by die Bushveld-mall. Die SAPD is tans besig met ‘n jagtog om die misdadigers te vang. Volgens IOL sê brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die SAPD: “‘n Groep verdagtes het na bewering by hierdie winkelsentrum aangekom en dadelik die hoofdeur van die Net 1 Financial Services oopgebreek. Hulle het toe twee kitsbanke gebombardeer en ‘n onbekende bedrag geld geneem.”

Die veiligheidswag wat geskiet is, is vanaf Syferkuil in Bela-Bela

Die veiligheidswagte het op die oproep reageer en met hulle aankoms op die boewe afgekom wat op die punt was om te vlug. Een van die veiligheidwagte is geskiet en sy dienspistool is gesteel, waarna die diewe in ‘n rooi sedanmotor weggejaag het. Maluleka is op aankoms by die hospitaal dood verklaar. “Die polisie-ondersoek en soektog na die verdagtes duur voort.” “Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om die ondersoekbeampte, lt.kol. Makhukhu by 0825658603 of die misdaadstopnommer 0860010111 of die naaste polisiekantoor of MySAPSApp te kontak,” het Mojapelo gesê. Lees ook: Twee mans koelbloedig doodgeskiet, verdagtes soek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *