September 27, 2021

Twee mans koelbloedig doodgeskiet, verdagtes soek

Die rede agter die moorde is nog onbekend.

Twee mans koelbloedig doodgeskiet, verdagtes soek (Foto: South African Police Service, Facebook)

Twee mans koelbloedig doodgeskiet, verdagtes soek (Foto: South African Police Service, Facebook)

Die polisie op Ficksburg is tans op soek na die verdagtes in twee onderskeie moordsake na twee mans op verskillende insidente op dieselfde manier koelbloedig doodgeskiet is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die eerste man se liggaam is Saterdag 28 Augustus in Zone Eight naby Zwakala gevind. Hy het ’n skietwond aan sy voorkop gehad. Hy het ’n blou broek en ’n blou baadjie aangehad.

Sondag om ongeveer 21:55 is die liggaam van nog ’n onbekende manspersoon in dieselfde gebied gevind. Die slagoffer het ook ’n skietwond aan sy voorkop gehad. Hy het ’n bruin kombers om hom gehad en gumboots gedra.

Die rede agter die moorde is nog onbekend.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting, om na vore te kom. Skakel lt.-kol. Kholanyane by 082 301 9578 indien jy enige inligting het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *