September 27, 2021

Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek

‘n Span sielkundiges sal die skool, familie en almal wat geraak word, ondersteun.

Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek

Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek Foto: Google Maps

GAUTENG. – ‘n Graad 8-leerder van Sekondêre Skool Pholosho in Alexandra is gister deur ‘n mede-leerder buite ‘n klaskamer doodgesteek.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, het die voorval gebeur terwyl die dissiplinêre komitee van die skool na bewering besig was om ‘n ander bakleiery tussen drie leerders uit te sorteer. Mabona sê verder in die verklaring medici is dadelik ontbied.

LUR besoek skool na leerder doodgesteek is

“Die leerder is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek tans die voorval. ‘n Span sielkundiges sal die skool, familie en almal wat geraak word, ondersteun.”

Die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het die voorval ten sterkste veroordeel. Lesufi sê die saak moet onmiddellik ondersoek word sodat dissiplinêre stappe gevolg kan word.

Lesufi sal vandag die skool sowel as die oorledene se ouers besoek.

LEES OOK: Dokter vermis na sy Vrydag werk verlaat

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *