GAUTENG. – Die polisie sê daar is bloed in die vermiste Louis de Villiers (35), wat Woensdagoggend laas gesien is, se motor gevind.
De Villiers het op die betrokke dag sy huis verlaat om vir sy ma te gaan gaan kuier. Hy het nooit dié dag by sy ma uitgekom nie.
Louis de Villiers vanaf Woensdag vermis
FiND iT het in die week berig De Villiers se bakkie is later, met al sy gereedskap agterop, op Brits by die Letlabeli-winkelsentrum gevind. Daar word vermoed die bakkie is soontoe bestuur en daar gelos.
Die polisie sê in ‘n verklaring daar is bloed in sy bakkie gevind. Dit is nog nie bevestig aan wie die bloed behoort nie. Monsters is wel geneem om getoets te word.
De Villiers het ‘n T-hemp en jeans met sy verdwyning aangehad. ‘n Saak is intussen by die polisie geopen.
LEES OOK: Man vermis, bakkie by winkelsentrum gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



